4160 Nie verlore, maar gevind

16 Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy uniek verwekte Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17 God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. Joh. 3:16-17 BDV

Volgens die Bybel het die wêreld verlossing nodig. Die wêreld is “verlore”, in Jesus se woorde. Jesus gebruik dieselfde term as Hy praat van die “verlore” skaap en die “verlore” seun. Ja, mense is verlore sonder God – hulle dwaal af, hulle raak weg! Ons sien dit oral om ons. Mense leef doellose lewens van werk toe gaan en huis toe kom. Hulle doel is bloot oorlewing. Hulle streef na geld en goed, na die eer van mense of die genot wat eet en drink bring, of seks. So gaan hulle jare verby. Dis hartseer, want die Bybel sê dat hierdie dinge opsigself leeg en kortstondig is – en uiteindelik sinloos.

Christus red ons egter van so ‘n lewe! Hy gryp in by ons. Hy bring ons terug na die Vader. Hy gee ons waarde, identiteit, ‘n plek, ‘n doel! In Hom vind ons liefde. Hy help ons om ons selfsug en onvolwassenheid te oorkom en vir ander te leef. Hy maak die lewe sinvol. Moenie langer ronddwaal nie – laat jou red!

Hemelse Vader, dankie vir ons Verlosser, Jesus Christus. Dankie dat ons nie langer verlore is nie, maar gevind. Dankie vir ‘n nuwe lewe deur Hom, vir nuwe rigting, nuwe doel. Dankie vir Sy liefde! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –