4161 Eens en vir altyd

20 Ons burgerskap is egter in die hemel, vanwaar ons as Verlosser die Here Jesus Christus verwag. 21 Hy sal ons nederige liggaam verander om gelykvormig te word aan sy verheerlikte liggaam, deur die krag wat Hom in staat stel om alles aan Homself te onderwerp. Fil. 3:20-21 BDV

As ons Jesus se aanbod om verlos te word deur geloof aanvaar, is ons inderdaad verlos: verlos van onsself en die wêreld en die sonde! Ons is dan op ‘n nuwe en beter pad. Let egter op: verlossing is wel eens-en-vir-altyd, maar die uitwerk daarvan in ons lewe strek oor ‘n leeftyd. Dis ‘n lewenslange pad! Oor die jare moet ons immers verlos word van baie laste, gewoontes en sondes. Ons  moet gedurig weer verlos word van die groot “eie ek”, wat altyd wil oorneem. Uiteindelik moet ons verlos word van hierdie wêreld en hierdie liggaam, op die dag as Hy ons kom haal. Dan eers sal ons verlossing volkome en finaal wees!

Paulus sê ons moet vir daardie dag wag, “met reikhalsende verlange”. Ons moet daarna uitsien, ons moet die wolke dophou! Op ‘n dag – onverwags – sal die hemele oopskeur soos ‘n boekrol en sal die nuwe wêreld op hierdie oue inbreek. Moenie te vas groei aan hierdie aarde nie, hoor – jou burgerskap is in die hemel!

Ja, kom Here Jesus! Kom haal u kinders. Dankie dat U klaar maak wat U begin het, dat u verlossing nou-en-vir-ewig is. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –