4162 Gekom om te dien

Want ook die Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie. Mark. 10:45 BDV

Jesus se gunsteling beskrywing van Homself was “Seun van die Mens.” In Hebreeus beteken dit “mensekind” of net “mens”. In die Ou Testament is hierdie term ook gebruik vir profete en die komende messias. Jesus gebruik dit dus doelbewus om na sy unieke roeping en bediening te verwys. Hierdie vers is ‘n voorbeeld, waar Hy sê dat Hy gekom het om te dien en sy lewe te gee.

Jesus het sy roeping soveel anders beleef as wat verwag is! Die volk het ‘n Messias verwag wat sou heers – ja, wat gedien word – maar toe kom Jesus as Dienaar. Hy gee nie om om nederige werk te doen nie, selfs nie om voete te vas nie. Selfs om sy lewe te gee was vir Hom liefdevolle diens. Wat leer ons? Wel, ons leer dat leierskap diens behels. ‘n Leier doen meer en dien meer as ander! Nee, ‘n “leier” wat nie ook die vadoek kan opneem nie, is geen groot leier nie. Wees eerder soos Jesus, die grootste leier ooit!

Hemelse Vader, maak my soos Jesus, u Dienaar en ons Dienaar. Maak my ‘n dienaar soos Hy! Dis moeilik, want my sondige natuur stry daarteen met mag en mening. Laat u liefde my egter motiveer, in Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –