4163 Vorme en vroomheid

7 As julle maar net begryp wat bedoel word met, 'Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie,' sou julle nie hierdie onskuldige mense veroordeel het nie. 8 Die Seun van die Mens is immers Here van die Sabbat. Mat. 12:7-8 BDV

Jesus noem Homself dikwels “die Seun van die Mens” as Hy na sy roeping en bediening verwys. Dit gee Hom gesag, want in die Ou Testament is sommige profete, asook die Messias ook so genoem. Jesus maak byvoorbeeld hier, as “Seun van die Mens”, uitsprake oor die Sabbat. Hy sê God stel minder belang in eksterne godsdiens as wat die Fariseërs dink. Hy wil eerder sien dat hulle barmhartigheid bewys.

In ons eie geloofstradisie beskou ons tradisionele kerke se godsdiens dikwels as uiterlik of vormlik. Ons val egter in dieselfde slaggat, want ons het ook allerhande geestelike vorme en valse vroomheid. Sommige bid byvoorbeeld vir ure, maar is dan hoogmoedig daaroor. Vir sommige leiers gaan hul bediening veral oor eer en mag. Baie is inderdaad baie geestelik en betrokke, maar sien op ander mense neer. Ja, ons is dikwels soos Fariseërs: met baie godsdienstigheid en kerklikheid, maar met min hartsverandering, min liefde en deernis. Dis NIE wat God vra nie, sê Jesus!

Hemelse Vader, maak my soos Jesus, wat sy godsdiens oortree het sodat Hy liefde kon bewys. Help my om ‘n geloofslewe te ontwikkel wat vol deernis is, wat ander liefdevol insluit, wat gemaklik kan dien. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –