4164 Een van ons

5 Want daar is een God, en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, 6 wat Homself as losprys vir almal gegee het tot getuienis op die bestemde tyd. 1 Tim. 2:5-6 BDV

Die term “Seun van die Mens” bevestig dat Jesus ‘n mens was, soos die term “Seun van God” sy goddelikheid onderstreep. Jesus was inderdaad ‘n mens soos ons (maar sonder sonde ) en het vir dertig jaar saam met ons geleef, gewerk, gesweet, gerus, geëet, geslaap. Ja, God was een van ons!

Dis wonderlik en belangrik dat God mens geword het, want daardeur het Hy ons eie menslikheid goedgekeur en bevestig. Onthou dat God ons as MENSE gemaak het, om met menslike liggame op hierdie aarde te leef. Dis wie ons is en dit verander nie! Jesus se inkarnasie beteken dat ons ons menslikheid en liggaamlikheid maar kan aanvaar en uitleef. Geniet dit, dis nie verkeerd nie! Ons moet egter ons menswees met die Here deel. Onthou dat die mens gevalle en gebroke is, sondig. Net Hy kan ons weer na heelheid toe lei! Die belangrike is dit: die mens is gemaak om met God te leef! Eers met Hom is ons TEN VOLLE mens.

Jesus Christus, dankie dat U ons menswees aangeneem het. U het mens geword en mens gebly, selfs waar U tans regeer in hemelse plekke. Dankie dat ons daardeur iets van U goddelikheid kan aanneem, as ons eendag by U kom. Hoe wonderlik! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –