4165 Deel van sy plan

1 In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Word was God. 2 Hy was in die begin by God. Joh. 1:1-2 BDV

Johannes noem Christus die Logos (“Woord”) van God. In hulle tyd het die Grieke en Jode geglo dat daar ‘n goddelike beginsel, ‘n rede, plan of oorsaak agter die hele skepping lê – ‘n goddelike “logika”. Daardie goddelike beginsel verklaar alles en hou alles bymekaar. Johannes, wat hierdie denke goed geken het, sê egter dat daardie “eerste beginsel” Christus is. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het selfs nie een ding wat bestaan, ontstaan nie. Hy maak die filosofie ‘n Persoon.

Let op: van ewigheid af was die Vader en die Seun sáám. Van ewigheid af was daar wonderlike goddelike gemeenskap. DEUR die Seun en VIR Hom skep God alles. ALLES – ons ingesluit – is daar vir SY behae! Die mooi is egter dit: Christus wil jou en my ook intrek in dieselfde intieme gemeenskap wat Hy met die Vader het. Ons moet deel word van daardie liefde en vrede. Ons is deel van sy groot goddelike plan! Dis wat op jou wag as jy vir Hom “ja” sê!

Hemelse Vader, daar is planne in werking wat te groot vir my is om te verstaan! Dankie, egter, dat ek by u groot plan ingesluit is. Dankie dat U my deel maak van u ewige liefde. Ek WIL daarvan deel wees! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1585512135?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –