4184 Samevatting: 7 Name van Christus

Ons het nou verskeie name van Christus behandel vanuit die Nuwe Testament. Elkeen beskryf op ‘n unieke manier wie Hy, die Beloofde Messias, was – en steeds is. Christus is die Een op wie ons ons geloof, ons hoop en hele lewe bou! Die volgende sewe name is veral waardevol om te onthou: 

  1. JesusJeshua beteken “Jahweh verlos”. Jahweh hét verlos, in Jesus Christus!
  2. ChristusChristos is die Gesalfde, die beloofde Mashiach. God maak sy beloftes waar!
  3. Immanuel – ‘n Kind is gebore, en sy Naam was Immanuel, en God was met ons.
  4. VerlosserJesus verlos die mens van sonde, deur aan die kruis ons straf daarvoor te betaal.
  5. Here – Hy is nie net die Verlosser nie, maar ook die Here, die Kurios, oor alles en oor my.
  6. Seun van GodJesus was waarlik God, want in Hom het God ons kom red
  7. Seun van die mensJesus was waarlik mens, sodat Hy ons almal by God kan verteenwoordig.

Druk gerus hierdie lysie name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Om blokkering te verhoed stel asb. hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –