4185 Soos ‘n oase

5 Verder sê Hy vir hulle: "Die Seun van die Mens – Hy is Heer van die Sabbat." Luk. 6:5 BDV

Dis altyd verbasend om te sien hoe Jesus die Ou Testamentiese wet hanteer. Hy hou by die beginsel, maar verwerp die vele reëls en regulasies wat die Skrifgeleerdes daarrondom ontwikkel het. Hier verklaar Hy byvoorbeeld aan die Fariseërs dat Hy, “die Heer van die Sabbat”, gesag neem om die Sabbatdag reg te interpreteer. Die Sabbat is vir die mens gemaak, sê Hy elders, nie die mens vir die Sabbat nie. Dis ‘n dag vir rus en vir ons verhouding met God. Dis ‘n lus, nie ‘n las nie!

Alhoewel ons, as nie-Jode, nie die Sabbat hou soos die Jode dit doen nie, moet ons tog verstaan dat God ‘n ritme in die skepping ingebou het. As ons volgens daardie ritme leef, kan ons rustig en produktief werk en tyd hê vir geestelike en ander belangrike dinge. Wy dus vir jou ‘n weeklikse sabbatdag! Hou dit getrou. Sit jou werksdinge eenkant, fokus op rus, refleksie en God se dinge. Ervaar hoe dit jou krag gee vir die hele week!

Hemelse Vader, help my om ook in ‘n sabbatsritme te leef. Help my dat dit nie vir my ‘n swaar dag word nie, maar ‘n dag van genade en herstel, soos ‘n oase in die woestyn. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –