4187 Jesus troos jou

16 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid. Joh. 14:16 OAV

Jesus word, net soos die Heilige Gees, ook ons “Parakleet” genoem. Die woord parakletos word deesdae in sy tegniese betekenis gesien, naamlik as “Voorspraak” of “Advokaat.” Die ouer vertalings vertaal dit egter as “Trooster” of “Bemoediger” (Comforter, Counselor). Hierdie betekenis vind steun uit die latere Griekse gebruik, die kerklike tradisie en die konteks waarin Johannes die woord gebruik. Jesus sê Hy gaan weg, maar die Heilige Gees sal die “ander Trooster” wees wat hulle sal bemoedig en lei. Dit veronderstel dat Jesus ook ons “Trooster” is.

Het jy troos nodig? Het jy ‘n verlies gely, voel jy onseker? Jesus troos jou vandag, deur sy Heilige Gees! Hy kom langs jou en verseker jou van God se hulp en leiding en liefde. Hy wys jou op die beloftes van die Woord, sodat jou geloof weer sterk kan word. Hy sê God is teenwoordig: Hy sal jou deurdra, jou pad gelyk maak. Hy sal voorsien. Jesus verseker jou dat die einde van hierdie saak goed is. Moenie daaraan twyfel nie!

Dankie, Hemelse Trooster, vir u bemoediging en troos. Dankie vir u aanmoediging en leiding en raad. Help my om die stem van die Heilige Gees te hoor, wat u woorde vir my deurgee. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –