4188 Uit God se pad

29 Want Hy het hulle wat Hy reeds tevore geken het, ook vooruit bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te word, sodat Hy die Eersgeborene onder baie broers kan wees. Rom. 8:29 BDV

Ons geestelike vorming is “dit wat die Vader in ons doen, deur sy Heilige Gees, om ons te verander na die beeld van sy Seun.” Ja, die doel van ons groei is “Christus-gelykvormigheid”. Die Bybel sê dat daardie doel wel bereik sal word! By sy wederkoms sal ons wees soos Hy is, en dan sal Hy die “Eersgeborene” wees onder baie broers. Dit beteken die Eerste, die Belangrikste.

Watter hoë roeping om (in ‘n sin) soos God te word! Nogtans is dit – ons theosis – presies waarmee God besig is. As ons verstaan dat alles wat met ons gebeur deel van daardie proses is, sal ons lewe baie makliker wees. Ek en jy moet ook met God saamwerk, deur die Heilige Gees toe te laat om deur ons te werk. Onthou, die doel van die Gees is om God se liefde, God se vrede, God se vreugde en geduld en goedheid en getrouheid deur ons te laat vloei. Ons taak is veral om uit God se pad te kom!

Hemelse Vader, verander my na die beeld van Christus. Vorm my en maak my, soos die Pottebakker se klei, tot dit wat mooi en goed en bruikbaar is. Help my om nie, in my ekkigheid, in u pad te staan nie. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –