4189 Onbeskryflike gawe

15 Aan God die dank vir sy onbeskryflike gawe. 2 Kor. 9:15 BDV

Paulus reël hier ‘n kollekte vir die arm gelowiges in Judea. Hy sê die Korintiërs moet solank elke week iets eenkant sit. Hulle moenie te karig saai nie, dan sal hulle ook karig maai! As hy kom, sal hy reël dat hulle geskenk – hulle “gawe” – Jerusalem toe vervoer word. Hy sê vir hulle baie dankie vir hulle vrygewigheid en sluit dan af deur God te dank vir SY geskenk aan ons, SY “onbeskryflike gawe”. Ons moet altyd verstaan dat wat ons ook al gee gering is in vergelyking met wat ons ontvang het. Om terug te hou vanuit dit wat ons so genadiglik gekry het, is blote ondankbaarheid.

Let egter op dat Paulus vir Jesus en sy evangelie ‘n “onbeskryflike” gawe noem. Paulus verstaan goed dat ons, wat God en die geestelike dinge betref, voor ‘n misterie stuit. Ons klein verstand kan God nooit omvat nie! Moenie probeer om God te veel te verduidelik nie. Probeer eerder om Hom te vertrou, te gehoorsaam en te eer. Dis genoeg!

Hemelse Vader, dis onmoontlik om U ten volle te begryp, want U is te groot vir enige mens se verstand. Ons kan net verstaan wat U vir ons laat verstaan. Help my om nie vermetel te wees as ek vir ander probeer verduidelik hoe U is of wat U doen nie. Help my om eerder te doen wat U vra. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –