4190 Van Adam tot Christus

45 Daar staan immers geskryf: "Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword." Die laaste Adam het egter 'n lewendmakende Gees geword. 1 Kor. 15:45 BDV

Paulus noem Christus die ‘Laaste Adam’. Die eerste Adam het sonde in die wêreld ingebring, maar die laaste Adam, Christus, het verlossing in die wêreld ingebring. Terwyl alle mense die eerste Adam se sondige natuur deel, deel gelowiges Christus se Gees, wat ‘n nuwe natuur in ons skep. Deur Hom, die Heilige Gees, kan ons van die sonde wegleef en nuwe mense word.

Die bogenoemde beteken dat ons nuwe lewe in Christus ‘n baie praktiese saak moet wees. Ons kan nie ‘n nuwe mens wees, ‘n nuwe skepping, maar nog soos die ou Adam lyk nie. Ons moet soos die nuwe Adam, soos Christus, lyk! Onthou, wedergeboorte is nie net ‘n besluit wat jy neem of ‘n gebed wat jy bid – en dan bly alles dieselfde nie. Dis geen wedergeboorte nie! ‘n Geboorte is die begin van ‘n heeltemal nuwe lewe. God se doel is ons metamorfose, “van Adam tot Christus”. Vra die Heilige Gees wat nog by jou moet verander, waar jy nog moet groei!

Heilige Gees, verander my om soos Christus te word! Help my om sý liefde en krag en waarheid en genade te leef. Help my om mense te behandel soos Hy sou. Help my om met God in ‘n verhouding te leef soos Hy gedoen het! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –