4191 Goeie huweliksadvies

22 Vroue, wees onderdanig aan julle mans, soos aan die Here, 23 omdat die man die hoof is van die vrou, soos Christus ook hoof is van die kerk; Hy is die Verlosser van die liggaam. Efes. 5:22-23 BDV

Paulus gee hier voorskrifte deur vir mans, vroue, kinders en slawe. In hulle tyd het vroue min wetlike regte gehad. Hulle was byvoorbeeld as minderjarig beskou, soos die kinders en slawe, wat nie sonder hul mans transaksies kon aangaan of hulleself in die hof verdedig nie. Paulus verbeter hulle posisie deur te sê dat mans hul vroue moet liefhê soos Christus – die “Hoof van die Kerk” – die gemeente liefgehad het. Onthou, Christus se leierskap is diens; sy hoofskap behels onvoorwaardelike liefde, oorgawe en ‘n kruis! Op dié manier gee Paulus waardigheid aan vroue wat hulle vroeër nie gehad het nie.

Christene verskil oor wat die Bybel vir ons vandag hieroor sê. Dis egter duidelik dat ons veral op Christus se gesindheid moet let. Slegs dit wat ons met sý hart doen, kan God behaag. As ons streef na mag of posisie, of as ons liefdeloos geword het, mis ons die punt. As ons streef na liefde, diens en oorgawe, tree ons soos Christus op. Dít is goeie huweliksadvies!

Hemelse Vader, help ons om in ware liefde teenoor mekaar op te tree. Gee ons u radikale en onvoorwaardelike liefde! Help ons om in die Gees te bly teenoor mekaar, nie in die vlees nie. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –