4193 Menslike onderskeidings

11 By die nuwe mens is daar nie onderskeidings soos Griek of Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal. Kol. 3:11 BDV

In hierdie hoofstuk sê Paulus ons moet ons gedagtes en gedrag op ‘n hoër vlak kry. Ons het immers met Christus opgestaan tot ‘n totaal nuwe lewe. Ons deel nou sý lewe, sý heerlikheid. Ons moet nou soos Hy begin dink! Sondes en gewoontes wat ons nog aftrek moet nou afgelê word. Dis vernederend en onwaardig. Selfs menslike onderskeidings op grond van ras, klas of geslag is van min waarde as dit by die koninkryk van God kom. Ons moet eerder daarop fokus dat Christus “alles in almal” word. Dít is ons roeping!

Sal ons dit doen? Sal ons ons visie ‘n bietjie oplig van die werk en politiek en ekonomie en wat die media sê en wat tans populêr is? Niks hiervan is insigself verkeerd nie, maar dit kan ons gedagtes so totaal okkupeer! Ja, ons leef in die wêreld, maar nie soos die wêreld nie. Ons is nie wêreldlinge nie; ons beleef ‘n sekere afstand. Styg dus oor aardse dinge uit. Sien die groter prentjie. Leef ‘n koninkrykslewe!

Hemelse Vader, help my om nie by die wêreld en al sy dinge vas te haak nie. Help my om in die wêreld te leef met ‘n koninkryksperspektief. Ek bid, soos U geleer het, dat u koninkryk sal kom, dat u wil sal geskied – “soos in die hemel, so ook op die aarde”. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –