4194 Vrese vir vrede

16 Mag die Here van vrede self, te alle tye en op elke manier, vir julle vrede gee. Die Here bly met julle almal. 2 Tess. 3:16 BDV

Paulus noem Christus “die Here van Vrede” – hoe mooi! Jesus het self gesê dat Hy ons SY vrede gee, nie soos die wêreld gee nie. Wêreldse vrede lê in die uiterlike: in die afwesigheid van stryd of in die voorsiening van behoeftes. Sulke vrede kan nooit lank hou nie, want binnekort is daar maar weer onmin of nood! God se vrede, aan die ander kant, is in die hart. Dis die wete dat Hy ons liefhet, dat Hy betroubaar is, dat Hy in beheer is. Sulke vrede hou stand deur die op en die af, selfs in die stryd of behoefte!

Elders skryf Paulus hoe ons God se vrede, “wat die verstand te bowe gaan”, kan ontvang. Ons moet eenvoudig ons begeertes in alles, deur gebed en smeking, aan Hom bekend maak. Ons moet ons behoeftes, met ander woorde, aan die Here afgee, dit “aan die voet van die kruis neerlê”, soos ons vaders en moeders gesê het. Doen dit gerus! Dan sal jy vrede hê.

Vredevors, gee my u vrede – die vrede wat die verstand te bowe gaan. Dankie vir die voorreg om my hart voor U uit te stort, in gebed en smeking, en daardeur my vrese vir vrede te verruil. Leer my bid! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_710x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –