4210 Geroep om te heers

16 Op sy klere, by sy heup, is 'n Naam geskryf: "Koning van die konings en Heerser van die heersers." Openb. 19:16 BDV

Johannes sien hoe Christus weer kom. Hy sien hom as ‘n aanvoerder op ‘n wit perd, saam met die hemelse leërskare, om die Bose finaal te oorwin. Daarna sal Hy, die “Koning van die konings en Heerser van die heersers”, vir ewig regeer!

Ons moet besef dat ons geroep is om saam met Christus te regeer – eendag, maar ook reeds nou. Trouens, ons is gemaak om te heers! Die eerste woorde wat God oor ons gesê het, was dit: “Laat Ons mense maak en laat hulle heers...” Ja, ons is gemaak om te heers oor ons wêreld, oor ons eie gedrag, in ons verhoudings en oor die Bose. Jy mag dit nie prysgee nie! Heerskappy beteken om jou verantwoordelikheid in Jesus’ Naam op te neem. Onthou, jy heers altyd onder Hom, namens Hom, soos Hy sou. Jy het net sý gesag, geen eie gesag nie! Heers dus wyslik en volwasse, tree geestelik op, gebruik selfbeheersing. Die tyd vir leierskap is egter nou: doen wat jy moet doen!

Hemelse Heerser, dankie dat ons geroep is as konings en priesters in u Naam. Help my om my verantwoordelikheid op te neem, om leiding te neem, om te sê wat gesê moet word en te doen wat gedoen moet word. Gee my die krag en gee my die wysheid! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –