4212 In sy hart

13 Ek is die Alfa en die Omega, die Eerste en die Laaste, die Begin en die Einde. Openb. 22:13 BDV

Christus sê hierdie woorde van Homself, wanneer die hele Bybel op ‘n hoogtepunt afsluit. Christus is die eerste Woord wat God gespreek het, Hy is die rede vir die hele skepping, Hy is die doel van alles en Hy maak alles weer klaar. Christus is die Begin én die Einde! Hierdie waarheid behoort vir jou groot troos te verskaf. Moenie dink jy’s in beheer, of behoort in beheer te wees nie. Die groot dinge in die lewe is buite ons beheer. Christus bly egter in beheer!

Weet jy wat? Jou lewe het by God begin, in sy hart. Hy het jou van ewigheid af geken en beplan. Hy was jou lewe lank al by jou. Hy’t jou bewaar en gelei. Hy’t jou nog altyd liefgehad. Selfs vandag glimlag Hy oor jou! Uiteindelik sal jou lewe ook weer by Hom eindig. Ja, jou toekoms as sy kind is in sy teenwoordigheid en in sy hart, vir ewig! Moenie jou oor die toekoms bekommer nie – Jesus bekommer Hom nie!

Dankie, Here Jesus, dat ek kan uitsien na ‘n lewe en ‘n ewigheid met U. Ek weet dat U by my is, en dat my toekoms by U veilig is. Ek hoef nie te vrees nie, U is in beheer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –