4213 Helder môrester

16 Ek, Jesus, het my engel gestuur om teenoor julle oor hierdie dinge in die gemeentes te getuig. Ek is die loot en die geslag van Dawid, die helder môrester. Openb. 22:16 BDV

Reg aan die einde van Openbaring vind ons nog ‘n laaste naam van Jesus: “Môrester”. Die “môrester” is die planeet Venus wat vanweë sy nabyheid en glans die laaste sigbaar is as die nag tot ‘n einde kom. Sy teenwoordigheid in die Ooste dui daarop dat die dag op hande is. Hoe gepas! Jesus beëindig die nag van mislukking, sonde en gebondenheid. Hy lui ‘n nuwe dag in vir elkeen wat in Hom glo, wat Hom volg. Uit die Ooste breek nie net elke nuwe dag nie, maar ook die ewige dag, as Jesus weer kom. Volgens verwagting sal Hy neerdaal op die Olyfberg, oos van Jerusalem, en daarvandaan die stad betree.

As jy die môrester sien, dink gerus aan Jesus! Onthou dan om Hom getrou te volg, soos ‘n mens ‘n ster volg om jou rigting te bepaal. Weet jy wat? Dis nie belangrik om te weet waar jy môre gaan wees nie, maar dis belangrik om Jesus te volg. Hy weet! Volg bloot in sy spore.

Getroue Leidsman, ek weet nie waar ek môre gaan wees nie, maar U weet! Help my om U getrou te volg, die Begin en Voleinder van my geloof, die blink Môrester. Wys my die pad en help my om daarop te bly. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –