Ons het nou verskeie beelde, beskrywings of metafore behandel wat die Nuwe Testament gebruik om Christus te beskryf. Elkeen gee ‘n ander blik op wie Hy is en wat Hy doen. Christus is die Een deur wie alles begin het en deur wie alles reggestel word. Hy is ook die Een wat alles sal voltooi. Die volgende sewe beelde is veral waardevol om te onthou:

  1. WoordChristus is die Logos, die Rede, die goddelike beginsel agter alles wat bestaan.
  2. Beeld – Christus is die sigbare beeld (eikon) van die onsigbare God. In Hom sien ons die Vader!
  3. Lam van God – Christus is Offerlam, die Paaslam wat vir ons sonde versoening gedoen het.
  4. Losprys – Christus is die losprys (lutron) wat ons uit slawerny losgekoop en vrygemaak het.
  5. Leeu van JudaChristus is die Koning uit die geslag van Dawid wat in heerlikheid regeer.
  6. Bruidegom – Christus is die Een wat ons kom haal om vir ewig by Hom te bly.
  7. MôresterIn Christus breek ‘n nuwe dag vir ons – en breek die ewige dag ook eendag aan.

Druk gerus hierdie lysie name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –