4215 Leef deur die Gees

19 Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20 en deur hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Mat. 28:19-20a BDV

In ons studie oor die Name van God beweeg ons nou na die Heilige Gees. Die kerk het van die begin af geweet dat Christus en die Heilige Gees ook God is, net soos die Vader. Dit sien ons uit Matteus se aanhaling hier. Die volgende (bekende) beskrywing van die Drie-eenheid verduidelik vir ons iets belangrik oor God: die Vader is God BO ons, die Seun is God MET ons, die Gees is God IN ons. Sien jy hoe God nader en nader na ons toe kom, eers deur sy Seun en dan deur sy Gees, hoe Hy uitreik?

Die  Heilige Gees is God wat reg in ons harte intrek neem! Dis deur sy Gees dat God vandag met ons werk. Dis deur sy Gees dat ons hoegenaamd met God te doen het. Op geen ander manier nie. Ons kan nie Christene wees of enige-iets “geestelik” doen of enige-iets van God weet buite sy Gees om nie. Ons moet eenvoudig leer om te leef deur die Gees!

Hemelse God, dankie dat U konstant na ons uitreik. Dankie dat U in Christus onder ons kom woon het, en dat U deur u Gees in ons harte kom intrek neem het. Help my vandag om deur u Gees te leef, om deur u Gees te wandel. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –