4217 Die Gees skep orde en lewe

1 In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2 Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef. Gen. 1:1-2 BDV

Die Heilige Gees was van die begin af daar. In Bybelse terme was daar eers net roumateriaal, elemente, “oerwater”, donkerte. God se Gees het egter oor die chaos gesweef. Toe God sy Woord spreek het die Gees dinge begin orden, organiseer. Lig is geskyn, dag is van nag geskei, droë grond van water. Toe kon die lewe verskyn: plante, diere en mense. Toe die Gees klaar is, was die aarde ‘n lushof, groen en gereed vir ons om dit, as kroon van die skepping, te bewoon en te bewerk.

Waar die Heilige Gees beweeg, skep Hy altyd. Hy skep orde en sin en struktuur. Hy maak dinge heel en maak dinge mooi. As Hy in ons lewe werk – om te herskep wat die sonde gebreek het – orden Hy dinge ook opnuut. Hy skei uit wat sleg is; Hy bring nuwe lewe in. Hy genees en herstel. Vra die Heilige Gees vandag om jou lewe uit te sorteer, te restoureer! Laat Hom hierdie stappe met jou deurwerk.

Hemelse Vader, dankie vir die skeppingswerk wat U deur die Heilige Gees doen. Skeppergees, sorteer my lewe uit! Skep orde uit die chaos. Maak my lewe nuut en mooi en sinvol. In Jesus’ Naam, amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –