4219 Die Gees en jou roeping

3 Ek het hom met die Gees van God vervul – met wysheid, insig en kennis, en met al die nodige vakmanskap, 4 om vindingryke planne te beraam vir die werk met goud, silwer en brons, 5 en vir die bewerking van edelstene vir monterings, en die bewerking van hout... Eks. 31:3-5a BDV

In die Ou Testament het die Heilige Gees mense ook begiftig met verskillende gawes. Hier word beskryf hoe Besaleël, ‘n vakman uit die stam van Juda, deur die Gees gesalf en gebruik is om die tempel se kunswerke te maak. In die Nuwe Testament word die tema meer uitvoerig bespreek en spel Paulus uit hoe die Gees vir elkeen ‘n spesifieke taak het.

Dis baie belangrik om te verstaan dat die Here elkeen uniek gemaak het, met sy eie kragte en vermoëns. Eers as ons onsself ken, met ander woorde as ons verstaan wie en wat God gemaak het, kan ons daardie skeppingsdoel uitleef. Anders is ons ewiglik besig om onsself met ander te vergelyk, ander na te maak of iets te probeer wees wat ons nie is nie. Dit lei net tot mislukking! Laat die Heilige Gees jou lei om jou gawes te verstaan. Laat Hy dan daardie gawes in jou lewe salf en seën en gebruik, sodat God daaruit eer ontvang. DIT is hoe jy vervulling beleef!

Hemelse Vader, help my, deur u Gees, om te verstaan hoe U my gemaak het. Wat is my vermoëns, wat is my roeping, wat is my doel? Wat is u droom vir my? Help my, deur u Heilige Gees, om daardie lewensroeping doelgerig uit te leef. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –