4221 Die Gees van openbaring

28 Na hierdie dinge sal Ek my Gees uitstort op alle mense. Dan sal julle seuns en julle dogters profeteer. Julle ou mense sal drome droom, en julle jong mense sal visioene sien. 29 Selfs op die slawe en slavinne sal Ek in daardie dae my Gees uitstort. Joël 2:28-29 BDV

In die Ou Testament, soos in die Nuwe, het die Heilige Gees dikwels God se wil vir die volk bekend gemaak deur profesieë, drome of openbarings. Profesie is om te sê wat God sê, in ‘n spesifieke situasie, en ‘n groot gedeelte van die Ou Testament word gewy aan mense soos Elia, Elisa, Jesaja, Jeremia en Daniël, wat gesê het wat God sê.

Ook in ons dag is profesie ‘n realiteit. Nee, dis nie uitgedien of vreemd nie! Die Heilige Gees in ons hart laat ons verstaan wat God se bedoeling en wil en inspraak is. As ons dít beleef – God se wil of woorde vir ‘n spesifieke situasie of persoon – is ons reeds besig met die profetiese. Dan moet ons net leer om dit gepas bekend te maak. Volgens die Skrif kan ons ons na hierdie dinge uitstrek, kan ons daarmee groei. Begin doodgewoon om in elke situasie vir die Here te vra: “Wat sê U?” Beoefen geduld, maar beoefen ook geloof!

Hemelse Vader, help my om so na aan U te leef, en u Woord so goed te ken, dat dit vir my maklik is om te verstaan, deur die Heilige Gees, wat u wil vir ‘n gegewe situasie is. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –