4222 Die Gees se teenwoordigheid 

12 Skep 'n rein hart vir my, o God, vernuwe 'n bestendige gees in my binneste. 13 Moet my tog nie wegdryf uit u teenwoordigheid nie; en moet u Heilige Gees nie van my wegneem nie. Psalm 51:12-13 BDV

In Hebreeus, die taal van die Ou Testament, is “Heilige Gees” Ruach HaKodesh, soos Dawid dit hier gebruik. Dawid was ná aan die Here en het sy Gees se werking in sy hart beleef. Dit sien ons duidelik uit sy musiek, gebede en gedigte. Veral nadat hy vir die koningskap gesalf is, het die Heilige Gees in hom gewerk, volgens die Skrif. Nou, na sy sonde met Batseba, was hy bang dat die Gees van hom weggeneem sal word, en dat hy die Here nie meer sal beleef nie. Het die Heilige Gees van Dawid gewyk? Nee! Sy opregte belydenis het sy verhouding met God herstel.

Sal God sy Gees van ons onttrek? Dis die verkeerde vraag. Die vraag is eerder: sal óns van die Gees onttrek deur ons sonde? Onthou, God bly getrou, dis ons wat ontrou word! Moenie verkeerde dinge doen nie, want dit bedroef die Heilige Gees. Leef eerder ná aan die Here, vol van sy Gees. By Hom, ná aan Hom, is jy altyd veilig!

Hemelse Vader, verhoed dat ek deur sonde van U wegtrek. Verhoed dat ek die Heilige Gees teleurstel! Help my om eerder van U vol te word, sodat ek elke dag u liefde en vreugde en vrede kan beleef. Amen!

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –