4223 Nie deur mag of krag nie

6 Toe het hy geantwoord en vir my gesê: "Dit is die boodskap van die HERE aan Serubbabel, "Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees," sê die HERE, Heerser oor alle magte. Sag. 4:6 BDV

Die Hebreeuse woord vir “Gees” in die Bybel is Ruach. Dit kom honderde kere voor in die Ou Testament en beteken verskillende dinge, maar hier dui dit op die Heilige Gees. Serubbabel, die Joodse goewerneur, wou God se tempel klaar bou, maar het vreeslik baie teenstand beleef. Hier sê die profeet Sagaria vir hom dat die werk sal klaarkom, “nie deur krag of geweld nie, maar deur my Gees”. Hy verklaar dit in die naam van Jahweh Sewahot, “die HERE van die Leërskare”. Wie kan Hom keer?

Mag ek vandag ‘n woord in jou lewe inspreek, vriend? Die werk wat God by jou begin het, sal Hy klaarmaak. Dit hang nie van jou af nie, en dit hang veral nie van jou mag of vermoë af nie. Ja, jy moet doen wat jy moet doen, maar die Heilige Gees sal die deurslag gee. Moenie langer ongelowig wees nie. Skep nuwe moed! Vra die Heilige Gees wat jou volgende stap moet wees. Amen!

Hemelse Vader, dankie vir u woord wat altyd so tydig is. Dankie dat U my altyd weer bemoedig. Dankie dat U die werk wat U begin het, ook sal klaarmaak. Doen dit deur u Heilige Gees! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –