4224 Die asem van die lewe

7 ...het die HERE God die mens met stof uit die grond gevorm, en in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword. Gen. 2:7 BDV

Die woord vir “gees” in die Ou Testament, ruach, het ook ander betekenisse. Dis byvoorbeeld ook die woord vir “wind” of “asem”. Hier sien ons hoe God vir Adam die “asem van die lewe” inblaas, wat dus ook kan beteken dat God vir Adam die “gees van die lewe” ingeblaas het. In die Ou Testament word ons asem, ons gees, ons lewe gesien as ‘n geskenk van God. Hy gee aan ons sy lewe, maar op ‘n dag neem Hy dit weer terug. Dis sý lewe in ons, sý asem, sý Gees wat ons elke dag weer opwek!

Onthou tog asseblief dat die lewe ‘n kosbare geskenk is. Die feit dat jy nog lewe beteken dat God nog vir jou ‘n doel het. Hy wíl dat jy lewe – trouens, dat jy voluit, vreugdevol en sinvol LEWE! Ja, geniet die gawe van die lewe! Die volle en ryk lewe is egter ‘n lewe met Hom. Vra Hóm wat jou lewensdoel en roeping is. Sy Gees sal jou daarin lei.

Hemelse Vader, dankie vir die gawe van die lewe. Dankie vir die voorreg om elke dag weer wakker te word en u Naam groot te maak. Dankie dat ek soveel mooi om my mag geniet en waardeer. Lei my, deur u Gees, in ‘n lewe in wat U sal eer. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –