4225 Die wind wat waai

2 Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef. Gen. 1:1-2 BDV

Die woord vir “gees” in die Ou Testament, ruach, kan ook “asem” of  “wind” beteken. Hierdie vers kan dus ook lees dat die “wind van God” oor die oerwater gewaai het. Ons sien dikwels in die Skrif hoe die Heilige Gees as ‘n wind kom. Jesus blaas byvoorbeeld op die dissipels, as simbool van hulle vervulling met die Gees. Dink ook aan Pinksterdag of waar Jesus die Geesgeboorte vergelyk met ‘n wind wat waai waar Hy wil.

Waar die Gees se wind waai, kom daar nuwe lewe! Die Gees se wind is kragtig en kreatief, lewegewend, vernuwend! As ons lewe vashaak, as ons in ‘n droë, dooie seisoen beland het, as ons idees uitgeplat het en ons kragte op is, moet die Gees kragtig in ons lewe inwaai. Vergeet alles en maak jou verhouding met God eers weer reg! Spandeer tyd by Hom, totdat die Heilige Gees dinge in jou gemoed en gedagtes losmaak, totdat inspirasie deurbreek, totdat nuwe lewe verskyn. Hy is die Bron, hoor, niks anders nie!

Hemelse Vader, dankie vir die Heilige Gees, wat soos ‘n vars bries oor my lewe waai. Gees van God, waai die ou dinge uit, bring die nuwe dinge in, herskep my lewe, verander alles tot eer van God! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –