4226 Asem, Gees en krag

6 Deur die woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die asem van sy mond die hemel se hele leër. Psalm 33:6 BDV

Die woord “gees” in die Ou Testament, ruach, is ook die woord vir “asem”. Ouer vertalings vertaal dus hier dat God geskep het deur die “Gees” van sy mond. Ons sien weereens hoe God skep deur (1) sy woord en (2) sy Gees. Dis sy modus operandi en dis steeds hoe Hy werk, ook in ons lewe vandag! Let op:

  • God se woord aan ons – sy wil, met ander woorde – is saamgevat in die Bybel. Daar lees ons wat ons moet doen. Sy wil kan ook (maar minder gereeld) direk tot ons hart kom, in ons gewete of deur omstandighede.
  • God se woord is egter dooie letters as die Gees dit nie lewend maak nie. Die Heilige Gees moet my oortuig dat wat ek lees persoonlik bedoel is: vir my, vandag. Hy gee my dan die krag om te doen wat God vra.

Verstaan jy hoe om te werk te gaan? Gaan Woord toe en vra die Gees wat dit is wat jy moet doen. Word dan daaraan gehoorsaam!

Skeppende God, skep in my, deur u Woord en Gees, nuwe dinge, mooi dinge. Maak my dit wat U gedroom het ek moet word! Stel my in staat, deur u krag, om voortdurend in daardie rigting te groei. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –