4227 Waai, Wind, bring lewe

9 Hy sê toe vir my: "Profeteer vir die wind! Profeteer, mensekind, en sê vir die wind: ‘So sê die Heer, die HERE: "Wind, kom uit die vier windrigtings! Blaas in hierdie doodgemaaktes, sodat hulle kan leef".’" Eseg. 37:9 BDV

Die Hebreeuse woord vir “gees”, ruach, is ook die woord vir “asem” of “wind”. In hierdie hoofstuk, waar Esegiël oor dooie bene profeteer, lui die verskillende vertalings dat hy óf die “wind” óf die “gees” óf die “asem” opgeroep het om lewe op te wek. Dit maak nie eintlik saak nie, want dit bly God se Gees, God se Asem, Sý Wind wat waai – en waar Hy waai, bring Hy lewe.

Die beeld van droë beendere wat bymekaar kom en liggame word, wat dan lewend gemaak word, is aangrypend. Dit herinner ons aan Genesis 1. Om te skep, en te herskep, gebruik God wat daar is, in hierdie geval uitgedroogde geraamtes. Kom ons pas dit persoonlik toe. Is daar doodsheid in jou lewe? Is jou siel dor, is God ver, beleef jy die woestyn? Offer dan jou dorheid aan die Here; vra sy Gees om iets daarvan te maak. Hy skep lewe uit die dood, Hy bring krag in swakheid, Hy laat water stroom in die woestyn!

Hemelse Vader, dankie vir die skeppende krag van die Heilige Gees. Dankie dat Hy iets uit niks kan maak, lewe uit die dood kan bring, skoonheid kan skep uit dit wat lelik is. Werk met u Gees ook in my lewe! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –