4230 Waarmee die Gees besig is

13 Samuel het die horing met olie geneem en hom daar tussen sy broers gesalf. Die Gees van die HERE het van daardie dag af en ook verder van Dawid besit geneem. 1 Sam. 16:13a BDV

Saul, die eerste koning van Israel, was ‘n teleurstelling. God stuur toe vir Samuel na Betlehem toe om ‘n nuwe koning te gaan soek. Daar vind hy toe vir Dawid, Isai se jongste seun. Van die oomblik af wat Samuel hom gesalf het, het die Ruach Jahweh oor Dawid gekom. Vir vyftien jaar het die Gees van die HERE hom voorberei vir die koningskap, op elke moontlike manier: in vele gevegte, in die huis en hofhouding van Saul, op vlug vir sy lewe, in sy verhouding met God. Daarna het hy een van die grootste konings ooit geword.

Hier is ons les: moenie net vaskyk in vandag, met sy stryd en sukkel nie. Kry die groter prentjie. Kyk na jou hele verlede, die hele trajek van jou ontwikkeling. Waarmee is God se Gees besig? Waarvoor word jy voorberei? Wat het jy in hierdie tyd geleer? Wat is jou roeping? Onderskei hierdie dinge, onder die leiding van die Gees, en groei in die geweldige roeping in wat God vir jou het!

Hemelse Vader, dankie dat U ‘n groot roeping vir my het. My hele lewe, die goed en die sleg, dra daartoe by dat ek vir U iets besonders, iets unieks, iets groots kan doen. Wys my wat dit is! Lei my, deur u Gees, om gehoorsaam te word aan dit wat net ek vir U kan doen. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –