4231 Watter wonderlike woorde

1 Die Gees van my Heer, die HERE is op my, omdat die HERE my gesalf het. Hy het my gestuur om 'n goeie boodskap te bring aan magteloses, om dié met gebroke harte se wonde te verbind, om dié wat weggevoer is se vrylating aan te kondig en bevryding vir dié wat geboei is, 2 om die genadejaar van die HERE aan te kondig, ons God se dag van wraak, om almal wat rou, te troos. Jes. 61:1-2 BDV

Watter wonderlike woorde! Die Messias, die Dienaar van die HERE, stel hier sy missie. Jahweh het Hom gesalf, die Ruach Adonai Jahweh is op Hom. Hy kom na die mens toe, maar veral na spesifieke mense: magteloses, gebrokenes, gewondes, geboeides, treurendes. Hy bring goeie nuus, genesing, vryheid, troos. Hy lui die “genadejaar van Jahweh” in, ‘n lang periode van verkondiging, barmhartigheid en hulp, maar ook “God se dag van wraak”, die oordeelsdag, die laaste dag, wanneer alle vyande, sondaars en boosdoeners gestraf sal word.

Dis presies wat Jesus kom doen het! Ons, sy volgelinge, het ook dieselfde opdrag van Hom ontvang. Ons moet die goeie nuus van God se genade bring, maar mense ook prakties ophelp, genees en vrylaat. Beide is belangrik: verkondiging sonder barmhartigheid is ‘n hartelose teorie, terwyl barmhartigheid sonder verkondiging God uit die prentjie stoot. Ontwikkel egter ‘n goeie begrip vir Jesus se hart hier. Lees sy woorde oor en oor: dís soos Hy voel! Kyk dan na mense en voel dieselfde.

Dienaar van God, dankie vir u hart teenoor mense. Salf my met die Gees van die Here HERE, sodat ek ook ‘n goddelike hart kan ontwikkel. Help my vandag om te getuig, maar ook om te dien. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –