4232 Bewus van die Gees

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus – die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

In hierdie vers beskryf Jesaja die Heilige Gees op sewe maniere. Dit laat ons dink aan die “sewe Geeste van God” voor die troon (in Openbaring), wat eintlik een, sewevoudige Heilige Gees is. Hierdie sewe beskrywings leer ons wat die Heilige Gees doen en dis belangrik om hulle een vir een te bestudeer.

Die “Gees van die HERE” is Jahweh wat op iemand rus, in hierdie geval die Messias. Jahweh kan egter nie in sy volheid op iemand rus nie, want die hele heelal kan Hom nie bevat nie! Hy kan egter iets van Homself aan iemand toedeel, iets van sy essensie, sy wese – sy Gees. Die Heilige Gees is God, maar God wat uitgaan, wat in die wêreld aktief is, wat in mense werk. Die Gees van Jahweh is ook in jou! Om Geesvervuld te wees beteken (deels) om bewus te wees van die Gees in jou. Daardie bewussyn sal jou denke, jou woorde, jou dag verander! Ander sal ook van Hom in jou bewus word!

Almagtige Here, dankie dat U deur u Gees in my woon, in u heiligheid en krag. Laat ek vandag baie bewus daarvan leef. Vul my met Uself! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –