4233 Leer die lewenskuns

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus – die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

Jesaja beskryf die Heilige Gees as ‘n sewevoudige Gees. Die Gees is byvoorbeeld ook “die Gees van Wysheid.” In die Ou Testament is wysheid ‘n praktiese saak. Dis glad nie filosofies of teoreties nie. Nee, dit gaan oor alledaagse dinge soos opvoeding, geld, werk of verhoudings – die tipe temas wat ons in Spreuke vind. Die bron van sulke wysheid is egter altyd die Here. Net ‘n regverdige kan waarlik wys wees, want net die Here gee wysheid. “Wysheid begin met die dien van die Here.”

In die Nuwe Testament is dit ook die Heilige Gees wat wysheid bring. Hy kanaliseer God se wil in ons harte in. Hy leer ons die lewenskuns. Hy gee ‘n “woord van wysheid” in ons mond, as ons dit nodig het. Het jy wysheid nodig om praktiese keuses te kan maak? Dan moet jy die Here vra, sê Jakobus. Bid dus oor die saak. Onderskei God se wil. Gesels met jou mentors. Wees baie prakties en verantwoordelik – en neem dan ‘n geloofsbesluit!

Hemelse Vader, dankie dat ek na U kan kom om wysheid te vra. Lei my, deur u Heilige Gees, om die regte besluit te neem. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –