4234 Lei my om te verstaan

4234 Lei my om te verstaan

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus – die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

Jesaja beskryf die Heilige Gees as ‘n sewevoudige Gees. Die Gees is byvoorbeeld ook “die Gees van Insig.” Waar “wysheid” (chokmah) ‘n intuïtiewe aanvoeling is van die Here se wil, is “insig” (binah) meer intellektueel. Dis om te begryp, te verstaan. Dit beredeneer God se wil in die verstand, dis soos ‘n “paleis van spieëls” wat die lig versterk en vermenigvuldig. Moenie dink die Heilige Gees gaan net ook spontane belewings of bonatuurlike krag nie. Nee, die Gees trek ons ook verstandelik in die waarhede van God in.

Doen die volgende oefening in jou stiltetyd as jy diep insig wil bekom. Lees ‘n Skrifgedeelte – hoogstens een hoofstuk – stadig en diep. Laat die Heilige Gees sekere woorde of frases vir jou uitlig. Bepeins dan daardie woorde. Herhaal dit verskeie kere. Rol dit rond in jou gedagtes. Bedink dit rustig. Beskou dit van verskillende kante. Laat die Gees verdere betekenisse oopvou. Memoriseer ‘n gedeelte en herhaal dit deur jou dag. Dít is wat “Skrifmeditasie” beteken.

Alwyse God, lei my deur u Gees om te verstaan. Maak die Skrifwaarhede vir my oop. Gee vir my insig in u grootheid en u plan, op ‘n manier wat ek kan begryp. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –