4236 Hierdie berg

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus - die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

Die vyfde naam wat Jesaja vir die “sewevoudige Gees” gee, is die “Gees van Sterkte”. Onthou, al hierdie eienskappe – wysheid, insig, raad, sterkte – is God se eienskappe. Dit beskryf Hóm. Die “vrug van die Gees” in die Nuwe Testament beskryf God. Die Heilige Gees wil ons mos soos Hý maak. Wat “sterkte” (of “krag”) betref, die volgende:

  • Ons eie krag is van min belang. Die Skrif sê reeds ons is swak, en dis in orde. Hý is sterk! In eie krag kan jy min doen. In sý krag, egter, kan jy berge versit.
  • Die manier hoe ons in God se krag kom is deur geloof. Geloof verstaan dat ek in God se sterkte kan optree, nie my eie nie. Geloof tree dan op, asof dit krag het, in die verwagting dat God se krag sal vloei.

Het jy vandag krag nodig, wat jou eie berge betref? Tree op in geloof! Wees moedig, doen wat jy moet doen, sê wat jy moet sê. Die Gees van Sterkte sal jou bekragtig!

Almagtige Here, in u Naam tel ek vandag my kop op en kyk ek die uitdaging in die oë. U gee my die krag om vandag hierdie berg aan te spreek, in Jesus’ Naam! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –