4237 Kennis van die waarheid

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus - die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

Die sesde naam wat Jesaja vir die “sewevoudige Gees” gee, is die “Gees van Kennis”. Dis interessant dat die Heilige Gees, in die Ou én Nuwe Testament, dikwels verbind word met ons gedagtes. Hy werk dikwels op die terrein van wysheid, insig, kennis of raad. Dis omdat die geestelike stryd dikwels in die gedagtewêreld plaasvind. Onthou, die vyand kom na jou met leuens. Hy sê tipies dat jy nie gered is nie, dat jou geloof vals is, of futiel, dat jy sondig is, dat jy minderwaardig is, magteloos, kragteloos, dat God nie betrokke is nie, dat jy hulpeloos is, dat jy hopeloos is, dat die uitkoms sleg is. Dis alles leuens, of ten beste halwe waarhede.

Let tog op na wat in jou gedagtes aangaan. Weier om die vyand se leuens te aanvaar. Laat die Gees van Kennis jou eerder toerus met die waarheid dat jy gered is, geliefd is, vergeef is, in staat is, oorwinnend is. Waar kry jy sy kennis? Jy kry dit in die Woord!

Liefdevolle Vader, dankie dat ek in Jesus’ Naam u kind mag wees. Dankie ook dat ek, ten spyte van my sonde en swakheid, altyd deur U geliefd is. Help my om elke leuen van die vyand bewustelik te weier, en te vervang met die waarheid van die Woord. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –