4238 Die vrees van die HERE

2 Die Gees van die HERE sal op Hom rus - die Gees van wysheid en insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en ontsag vir die HERE. Jes. 11:2 BDV

Die laaste naam wat Jesaja vir die “sewevoudige Gees” gee, is die “Gees van ontsag vir die HERE”. Die Heilige Gees sal vir ons inlei in ‘n lewe waarin God “gevrees” word. Onthou, die mooi ou term “vrees vir die HERE” dui op respek vir God. So ‘n lewe is ‘n lewe wat op Hóm gerig is. Dis ‘n lewe in sý teenwoordigheid en in sý wil. Dis ongelukkig ook – vir baie vandag – ‘n lewe met grense. Dis ‘n lewe waarin ek vir sekere dinge “nee” sê, omdat ek vir God “ja” wil sê.

Wees tog asseblief iemand wat met vreugde en vrede leef. Wees tog lief vir mense en laat dit blyk. Moenie dat jou gedrag mense van God wegstoot nie, laat dit mense na God aantrek! Met dit gesê, kan ons nie alles doen wat die wêreld doen nie. Soms moet ons ‘n streep trek, soms moet ons “nee dankie” sê, soms moet ons opstaan en die geselskap verlaat. Die Heilige Gees sal jou lei – wees gehoorsaam!

Heilige Here, leer my om met respek te leef. Respek teenoor U, teenoor ander en teenoor myself. Help my om goeie grense te handhaaf. Ek wil ‘n lewe leef wat U sal eer! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –