4239 Die Asem van die Almagtige

4 Die Gees van God het my gemaak; die asem van die Almagtige hou my lewend. Job 33:4 BDV

Die Heilige Gees word hier die “Asem van Shaddai” genoem. Wat ‘n mooi beeld dat God sy Gees “uitasem”! Die Gees is God se eie gees, sy inherente lewe, wat Hy oor ons asem. Die Gees is Hý, hier om ons en in ons! Die Bybel sê immers: “In Hom leef ons, beweeg ons en bestaan ons.” Ons leef in God se Asem!

Die Asem van God laat ons nie net fisiek leef nie, maar ook geestelik. Onthou, ons “geestelike asemhaling” is gebed. Gebed skep ‘n dinamiese wisselwerking tussen ons en die Lewende God. In die verband sal die ou Christelike gewoonte van “asemgebede” vir jou waardevol wees. Formuleer ‘n eenvoudige gebed wat jy op jou asemhaling kan bid. Soos jy inasem, kan jy bid: “Here Jesus” of “Hemelvader”. Soos jy uitasem kan jy bid (byvoorbeeld): “help my vandag”, “wat is U wil” of “dankie vir U seën”. Bid dit oor en oor, soos jy asemhaal! So word elke asemteug ‘n gebed. So deel jy jou lewe met God.

Almagtige God, dankie dat U u Gees oor my uitgeasem het. U Gees hou my lewend, fisies en geestelik! Heilige Gees, help my bid. Help my om my hart gedurigdeur met my Vader te deel. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –