4240 Vertrekpunt, nulpunt

10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek 'n gees van genade en 'n gesindheid van smeekgebede uitstort. En hulle sal kyk na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor hom rou soos 'n mens rou oor 'n enigste seun, en hulle sal bitterlik huil soos 'n mens huil oor 'n eersgebore kind. Sag. 12:10 BDV

Sagaria sê die dag as God sy volk besoek sal Hy die “Gees van Genade” oor hulle uitstort. Hy bedoel dat hulle God se genade intens sal beleef. Hulle sal getref word deur Sy goedheid, en hulle eie oortreding. Dan sal hulle met groot berou tot Hom terugkeer.

“Bekeringsgenade” is so kosbaar! Onthou, bekering is die omdraaipunt in ons geestelike lewe, die vertrekpunt, die nulpunt. Dis die oomblik waarin ‘n verlore seun “tot homself kom”, opstaan en na sy vader gaan. Baie kom egter nooit by daardie punt uit nie. Hulle voel nooit dat dit nodig is nie. Hulle regverdig hulleself. Hulle harte bly hard. Hulle beleef dus nooit bekering – of enige-iets daarna nie. As jy dus ‘n behoefte in jou hart beleef na God, as daar ‘n berou is oor dit wat verkeerd is, as jy verlang na iets meer, is dit kosbaar. Gryp dit aan! Dis die Gees van Genade wat in jou werk. Draai na God toe en ontvang by Hom aanvaarding, vergiffenis, nuwe lewe, fees!

Hemelse Vader, dankie vir u genade. Werk in my hart met u Heilige Gees, oortuig my van my behoefte en afhanklikheid van U, sodat ek na U kan draai en my lewe regmaak. Ek kom in elk geval vandag weer na U toe, Here. U neem my aan, in Jesus’ Naam! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –