4241 Die Gees van Smeekgebede

10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek 'n gees van genade en 'n gesindheid van smeekgebede uitstort. En hulle sal kyk na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor hom rou soos 'n mens rou oor 'n enigste seun, en hulle sal bitterlik huil soos 'n mens huil oor 'n eersgebore kind. Sag. 12:10 BDV

Volgens Sagaria sal God die “Gees van Genade en Smeekgebede” oor sy volk uitstort, op die dag wanneer Hy hulle besoek. Op daardie dag sal hulle oortuig word van hulle sonde. Hulle sal besef dat hulle sy Boodskapper, sy Eersgeborene, deurboor het. Hulle sal in groot berou en met baie trane na God terugkeer. Herlewing sal plaasvind!

Ons godsdiens het so vlak geword! Ons probeer nog net om God sover te kry om ons te seën. Ons stel bloot nog belang in die tegnieke van gebedsverhoring. Ons lees nog net die “mooi” Bybelverse. Alles moet lig en liefdevol bly. Ons is ongemaklik met reguit boodskappe. As die “Gees van Smeekgebede” egter op ons toegesak het, sal dit anders wees. Ons sal besef hoe oppervlakkig ons lewens is, hoe selfgesentreerd ons godsdiens. Ons sal raaksien hoe goddeloos en vervalle ons wêreld geword het. Ons sal tot God roep met trane, ons sal smeek vir vergiffenis en herstel. O, mag die Here weer vir ons WARE herlewing gee!

Hemelse Vader, besoek ons weer met die Gees van Bekering, die Gees van Hartseer en Berou, die Gees van Terugkeer en Herstel. Stuur vir ons herlewing, want ons het U nodig. Begin by my, Here, herleef mý! In Jesus’ Naam. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –