4242 Die Wolk oor ons

4 As my Heer die vuilheid van die vroue van Sion afgewas, en die bloedskuld van Jerusalem uit haar midde weggespoel het, deur 'n gees wat oordeel en 'n gees wat wegvee, 5 sal die HERE oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags 'n wolk skep, en snags rook en die glans van vuurvlamme... Jes. 4:4-5a BDV

Hoofstuk na hoofstuk lys Jesaja sy volk se sonde: afgodery, korrupsie, geweld, ydelheid. Hulle is welvarend, maar goddeloos. Hy waarsku hulle dat God op pad is. As Hý kom, sal die “Gees van Oordeel” deur hulle beweeg en hulle straf, maar daarna sal God permanent by hulle woon. Hy sal oor hulle wees soos ‘n wolk bedags, soos ‘n vuurglans snags. As hulle opkyk sal die Wolk en die Vuur altyd daar wees, soos ‘n koepel. Hoe mooi!

Ons wil God se teenwoordigheid ook so ervaar! Ons wil sy Gees ook soos ‘n wolk om ons beleef, soos ‘n glans! God se Gees is inderdaad met ons, maar onthou dat Hy gedurig besig is om ons te verander, om ons meer geskik te maak vir Sy inwoning. Laat die volgende oefening jou daarmee help. Voor jy aan die slaap raak, dink deur jou dag. Vra die “Gees van Oordeel” om jou dade te beoordeel. Wat was goed, wat was nie? Praat dan met God daaroor – en doen môre beter!

Heilige Gees, beweeg deur my lewe. Beoordeel my hart: my motiewe, my gedagtes. Beoordeel my woorde en my dade. Wat wil U verander? Wat moet ek verander? Help my daarmee! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –