4243 Vuur van Vertering

4 As my Heer die vuilheid van die vroue van Sion afgewas, en die bloedskuld van Jerusalem uit haar midde weggespoel het, deur 'n gees wat oordeel en 'n gees wat wegvee, 5 sal die HERE oor die hele gebied van die berg Sion en oor die byeenkoms by Sion bedags 'n wolk skep, en snags rook en die glans van vuurvlamme... Jes. 4:4-5a BDV

Jesaja noem die Heilige Gees hier die “Gees wat wegvee”. Die woord dui op iets wat skoongebrand word, wat verteer of uitgedelg word. Die Heilige Gees gee nie net lewe en krag nie, maar is ook die Vuur wat alles wat verkeerd of boos is, verteer. Dit klink dalk vir ons pynlik, maar dis nodig. Waar die vuur van God klaar gewerk het, is die kwaad uitgebrand, die silwer gesuiwer, die goud gelouter.

Dit herinner ons dat ons nie kan bly soos ons is nie. Ons is nog nie waar ons moet wees nie! Onthou, die Heilige Gees is die HEILIGE Gees. As Hy met ons werk, word ons heiliger. Dit beteken dat ons meer word soos God is, want God is heilig. Laat ons onsself maar gee vir die Gees se loutering. Laat ons oop wees vir verandering, vir groei. Laat ons ons weerstande en verskonings herken en laat gaan. Laat God met ons doen wat Hy wil.

Heilige Gees, help my om te groei. Ek weet van dinge in my lewe wat nie reg is nie – en U weet nog van veel meer. Help my om te kom waar U wil hê ek moet wees, om te word wat U my geskep het om te word, tot u eer. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –