4245 Meer as die wet

10 Leer my om te doen wat vir U aanvaarbaar is, want U is my God. U goeie Gees moet my lei op gelyk grond. Psalm 143:10 BDV

Dawid vra hier dat die “Goeie Gees” hom in God se wil moet lei. Hy vra nie na God se wet nie – wat hy reeds geken het – maar na dit wat vir God “aanvaarbaar” sal wees in sy lewe. Die woord verwys na dit wat God sal behaag, wat Hom bly sal maak. Wat “begeer” God van hom?

Die meeste mense stel net belang in dit wat God toelaat, dit wat binne of buite sy wet is. Hulle doen dit sodat hulle tot binne ‘n aks van die ontoelaatbare kan beweeg! Vergeet egter maar eers van die wet. Dis ‘n goeie begin, maar nie ‘n goeie einde nie. God vra eintlik meer: Hy vra ons hart, ons liefde, ons begeerte om Hom te behaag. Laat die Heilige Gees jou dus eerder in God se welbehae in lei, sy droom vir jou. Laat Hy jou hart verander, dat jy die Here werklik sal liefhê, soos Hy vra. Dan sal sy wil jou wil wees, sy begeerte jou begeerte.

Hemelse Vader, help my om U lief te hê – die grootste gebod in die wet. As ek U liefhet, sal al my dade reg wees! Goeie Gees, werk in my hart: maak my hart soos God s’n. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –