Ons het nou verskeie Name en beelde van die Heilige Gees in die Ou Testament behandel. Elkeen gee ‘n ander blik op wie Hy is en wat Hy doen. Die Heilige Gees is God wat aktief is, wat in die wêreld en in jou lewe werk. Die volgende sewe Name is veral waardevol om te onthou:

 

1. Ruach HaKodeshdie Heilige Gees is die heilige God, wat ons lewens vir Hom heilig

2. Ruach Elohim – die Gees van God is God wat vaardig word in jou lewe met krag

3. Ruach Jahweh – die Gees van Jahweh is die Verbondsgod wat sy trou bewys

4. Ruach Adonai – die Gees van die Here is jou Heer en Meester wat jou lei

5. Asem van die AlmagtigeGod se Asem (Ruach) bring lewe oral waar daar dood is

6. Gees van WysheidGod gee jou wysheid en insig, sodat jy sy wil kan onderskei

7. Goeie Gees – die goeie God is by jou, om jou te beskerm, te versorg en te seën

 

Druk gerus hierdie lysie name uit en plak dit iewers op. Een manier om hulle te onthou, is om deur hulle te bid. Hou jou gebed by die betekenis daarvan – dit sal dit vaslê!

 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

 

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –