4247 Ten volle beskikbaar

8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria en tot aan die einde van die aarde. Hand. 1:8 BDV

Die Jode het verwag dat God sy Gees sou uitstort as die Messias kom – en dis presies wat gebeur het. Jesus Christus was self met die Heilige Gees vervul, “sonder mate”, en na sy hemelvaart word die Gees op sy hele kerk uitgestort. Petrus het dit reg verstaan toe hy op Pinksterdag, toe dit gebeur het, vir almal uit Joël aanhaal: In die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees... Waar die Heilige Gees vroeër net hier en daar oor iemand gekom het, kom Hy nou op almal. Vryelik en oorvloedig word Hy uitgestort. God hou nie terug nie! Dit is een van die groot verskille tussen die Ou en Nuwe Testament.

Let dus op: die Heilige Gees is nou ten volle beskikbaar. Ons hoef nie hier of daar na Hom te soek nie. As ons die Here opreg aangeneem het, is Hy reeds in ons. Ons moet net leer om uit sy volheid te leef. Ons doen dit in geloof.

Hemelse Vader, dankie vir die Heilige Gees. Dankie dat Hy kom om ons te help, te leer, te lei, te bemoedig en te bekragtig. Help my, leer my om deur die Gees te lewe! Amen. 

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –