4248 Die belofte is vir jou

38 Petrus antwoord hulle: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39 Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep.” Hand. 2:38-39 BDV

Toe die Heilige Gees op Pinksterdag uitgestort word, tree Petrus na vore om begrip te bring vir wat daar gebeur het. Hy sê vir hulle die bedeling van die Gees het aangebreek, soos die Ou Testament voorspel het. Die Messiaanse Tyd het begin, want die Messias het gekom. Wie in Jesus glo en gedoop word, sal ook die Heilige Gees ontvang. Dis ‘n belofte aan hulle, hulle kinders en almal wat nog gelowig sal word.

Ons moet wegbeweeg van die gedagte dat die Heilige Gees slegs bedoel is vir sommige kerke of sommige, super-geestelike mense. Die Heilige Gees is vir elke kind van God gegee. Die Gees is bloot God-in-ons, wat ons help om die lewe te leef wat ons moet leef, en wíl leef. Die Gees maak die gewone Christelike lewe moontlik. Moet dus nie van die Heilige Gees wegskram nie. Hy is beloof aan jou en Hy is gegee aan jou. Verwelkom Hom dus, omarm Hom. Gee jou oor aan sy kragtige werk!

Hemelse Vader, dankie dat U u belofte waar gemaak het. U het ons nie as wees agtergelaat nie, maar het u Gees vir ons gegee. Kom, Heilige Gees, kom werk in my lewe! Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –