4249 Die Gees wat heilig maak

11 Ek doop julle wel met water met die oog op bekering, maar Hy wat na my kom, is sterker as ek, en ek is nie eers werd om sy sandale vir Hom aan te dra nie. Hy sal julle met die Heilige Gees en met vuur doop. Mat. 3:11 BDV

Die “Heilige Gees” is die HEILIGE Gees. Hy is die HEILIGE God wat in ons gees kom intrek neem. Dit beteken dat ons gees, siel en liggaam ‘n tempel word, ‘n heiligdom waar God woon. Dit maak dat ons lewens heilig geword het, want waar God is, is dit heilig. Sy teenwoordigheid verklaar ons heilig, sonder dat ons enige-iets gedoen het om dit te verdien. Wat ‘n eer, watter voorreg!

Ek en jy moet ewig verwonderd wees oor die feit dat die Heilige in ons woon. Ons moet egter ook besef dat dit ons verantwoordelik maak om ‘n meer waardige heiligdom te word. Dis egter presies wat die Heilige Gees in ons doen. Let op, heiligmaking is nie iets wat jy in eie krag kan doen nie. Dis sý werk in ons, God maak heilig! Heiliging is die Gees wat besig is om ons te transformeer tot die beeld van Christus. Dis veral iets waaraan ons ons oorgee. Ja, gee oor aan die heiliging van die Heilige Gees!

Jesus Christus, doop my met die Heilige Gees en met vuur. Gees van God, doen wat U wil in my lewe. Ek gee myself prys vir u doel. Vorm my en verander my; maak my meer soos Jesus. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –