4250 Die tempel van God

16 Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? 17 As iemand die tempel van God skade aandoen, sal God hom skade aandoen, want die tempel van God is heilig, en dié tempel is julle. 1 Kor. 3:16-17 BDV

Paulus sê dat die “Gees van God” onder die gelowiges woon en dat hulle dus ‘n tempel is, ‘n heiligdom. Niemand mag hulle skade aandoen nie, want die tempel van God is heilig. Ons moet die Here se kerk en God se kinders ook altyd met groot respek hanteer. Daar is vandag duisende denominasies en Christelike groepe, waarvan baie uit verkeerde redes gestig is, maar die wonder is dat God oral werk. Hy wag nie vir ‘n volmaakte kerk nie, Hy heilig ‘n onvolmaakte kerk deur sy teenwoordigheid en sy werksaamheid.

Ek het opgehou om kerke te kritiseer of ander Christene af te maak as ongelowig, omdat hulle anders aanbid as ek. Ek is versigtig om sommer te sê dat iets nié ‘n werk van God is nie. God werk waar Hy wil, hoor!  Ek wil eerder net getrou wees aan hoe ek die evangelie verstaan en dit reguit en liefdevol uitdra. Dink ‘n bietjie aan jou gesindheid teenoor God se kerk.

Hemelse God, dankie dat U mense soos ons ek gebruik: onvolmaak, ongeestelik, onverstandig. Ek bid vir u kerk en vir ons kerk, vir my kerk, vir my gemeente. Heilig ons en gebruik ons! Help my om my plek te vind in u liggaam en U daar getrou te dien. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –