4251 Lewe deur die Gees

9 Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – mits die Gees van God werklik in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort Hy nie aan Hom nie. Rom. 8:9 BDV

Paulus skryf hier vir die Romeinse gelowiges. Onthou, hulle was heidene wat van die Joodse wet niks geweet nie. Hulle was gewoond om in hul eie afgodstempels offers te bring en te bid. As hulle dan nou Christus aanneem, hoe moet hulle leef? Let op dat Paulus hulle nie aan die Joodse wet of die Sabbat bekend stel nie. Hy stel hulle aan die Heilige Gees bekend (wat hy hier ook die “Gees van Christus” noem). Hy leer hulle om weg te leef van hulle sondige aard – die “vlees” – en eerder die Gees se leiding te soek. Hy sê elke ware volgeling van Christus hét Sy Gees, wat hom sal inlei in ‘n lewe wat God behaag. ‘n Geesgedrewe lewe voldoen heeltemal aan die geregtigheid wat die wet eis.

Die normale Christelike lewe is steeds ‘n lewe deur die Gees. Moenie verstrik raak in wettiesheid of godsdienstigheid nie. Laat die Gees jou vrymaak vir ‘n lewe van liefde, vreugde, vrede en genade. Leer om te lewe deur die Gees!

Hemelse Vader, leer my om die vlees te oorkom en deur die Gees te leef. Gees van Christus, lei my en leer my. Verander my tot u wil. Gee vir my die gesindheid van Christus. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –