4252 Woorde en Gees

26 Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het. Joh. 14:26 BDV

Jesus noem die Heilige Gees hier Parakleet, “Voorspraak”. Ons het gesê dat ‘n parakletos ‘n advokaat was, iemand wat jou saak kon behartig. Dit kon ook dui op ‘n mentor, ‘n beskermheer, wat jou raadgee en lei. So kom God-die-Gees in ons lewe in om ons raad te gee en te onderrig, en ons aan Jesus se woorde te herinner.

Staan Jesus se woorde nie in die Bybel nie? Kan enige-een dit nie maar self daar gaan lees nie? Ja, enige-een kan dit lees, maar nie op die manier wat Jesus hier bedoel nie. Volgelinge van Jesus lees sy woorde sodat hulle dit kan nadoen. Hulle lees nie net vir informasie nie, maar vir transformasie. Die Heilige Gees lei hulle dus na die Jesus-woorde wat hulle nóú nodig het. Hy pas dit baie spesifiek toe op hulle lewe. Hy oortuig hulle om dit te gaan doen. Gaan sit met die oop Woord en vra die Gees om dit vir jou lewend te maak – jy sal self sien!

Heilige Gees, maak God se woorde lewend in my lewe. Wys my hoe ek daarop moet reageer en gee my die krag om dit werklik prakties toe te pas. Amen.

Om in te skryf op hierdie gratis oordenkings, kliek hier.

Stel asseblief hierdie pos as Safe Sender in jou Junk Mail Options.

Om meer oor ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME, te lees, kliek hier

© 2020 DAAGLIKSE STILTE deur Jimi le Roux (Addisionele Lys) | www.jimileroux.com

1627575301?profile=RESIZE_400x

You need to be a member of jimileroux.com to add comments!

Join jimileroux.com

Email me when people reply –